AfricaComplaints.com » Cars & Transport » Complaint / review: Lombard Tyres - Stay away from kumho tyres | #285652

Lombard Tyres
Stay away from kumho tyres

Ek wil enige iemand wat dit oorweeg om kuhmo tyres te koop, waarsku om so ver as moontlik van dit weg te bly. nie net is die tyres van uiters swak gehalte is nie, die diens wat ons van lombard tyres ontvang het, is net so belaglik. ek is 'n werkende ma wat slegs die chev orlando gebruik om werk toe te ry en my twee kinders (6jaar en 9jaar) rond te vervoer. Ek ry ongeveer maar 450km per maand. ons het die chev orlando in September 2011, nuut gekoop en tot op hede het die kar 13000km op, maar die tyres is soos in heeltemaal glad, daar is niks "tread" meer op die bande nie (het al so gelyk op 10000km). My man het met lombard tyres in kontak gekom omrede hulle die verskaffers is van die bande en met Dan Swart (sales manager) gepraat. my man het vir Dan deurgegee wat die probleem is en hy wil net graag weet hoekom die tyres van so swak gehalte is. Dan het eenvoudig vir my man laat verstaan, dat sy vrou baie die kar moet misbruik en dis die rede vir die tyres wat al so sleg lyk??? Hallo, ek vervoer my kinders in die kar en ek is 'n 38 jarige vrou- in watter opsig, sal ek die kar misbruik??? ons gaan nou more nuwe bande laat opsit en glo my dit sal nie kumho wees nie-nooit weer nie

Date:

Company: Lombard Tyres

Country: South Africa   City: Johannesburg

Category: Cars & Transport

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google