AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Santam - Tweede eis n probleem by Santam - onaanvaarbaar!!! | #306721

Santam
Tweede eis n probleem by Santam - onaanvaarbaar!!!

Dit is die tweede eis wat n probleem is. Die eerste eis was vir n huishoudelike item en hierdie eis waarmee ek nou sukkel is n ongeluk. Ons voertuig staan al vir n volle 7 dae al by die paneelkloppers en Santam het nog nie die eis verwerk nie. Dit is totaal onaanvaarbaar aangesien dit baie ongerief veroorsaak aangesien dit ons enigste voertuig is. Verlede Dinsdag (7/1/2014) het die ongeluk gebeur en my man het dit dadelik aangemeld met die saaknommer van die polisie. Gershwin het aan my man gese ons kan direk na die paneelkloppers toe gaan en die assessor sal die kar daar gaan assess, en dat dit nie nodig sal wees om die kar na die drive in sentrum toe te neem nie. My man het vir Levina gevra waarnatoe om die kwotasie en fotos te stuur en sy het gese ons kan dit vir haar stuur. Gister het my man weer vir Levina gebel en sy se toe sy werk net met die derde party eise. Sy het dit aan Maureen de Villiers gaan stuur. Ek het gister uitgevind die assessor het die kar by die drive in wou gaan assess. Ek het nou met Maureen gepraat en die assessor kan eers more uitkom. Dis totaal onaanvaarbaar aangesien dit nie my probleem is dat daar n kommunimasie probleem gaping by Santam was nie!!

Date:

Company: Santam

Country: South Africa   City: Cape Town

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google