AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Netcare - SWAK DIENS IN NOODGEVALLE | #138896

Netcare
SWAK DIENS IN NOODGEVALLE

My dogter was in n motorongeluk een week terug, waartydens sy by montana hospitaal behandel is en ontslaan is met steke in haar oog en kop asook harsingskudding. Gister, 6 dae na die ongeluk, was haar hoofpyn baie erger asook lamheid aan haar linkerkant wat kan dui op n neurologiese terugslag. Weereens gegaan na Montana Hospitaal en twee en n half ure gewag vir n dokter om haar te kom sien sonder enige sukses. Buiten die verpleegster wat haar bloeddruk en pols geneem het was daar nie weer iemand by ons om haar te help nie, nie eers om iets te gee vir pyn nie. Sy het op 'n bed gele in n ondersoek kamer.

Ek kon nie langer wag nie en moes haar noodgedwonge neem na 'n ander hospitaal vir behandeling. Dit is UITERS swak en sal nie weer in my lewe na hulle gaan vir mediese hulp nie. Die enigste manier, blyk dit vir my, om by hulle diens te kry is om half dood met 'n ambulans daar aan te kom.

DIS N NOODGEVALLE MENSE, NIE N DOKTER SPREEKKAMER NIE.

Date:

Company: Netcare

Country: South Africa   City: MONTANA

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google