AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Pick n Pay - Ongeskikte personeel | #82427

Pick 'n Pay
Ongeskikte personeel

Waar begin ek? Vloere ALTYD besig om skoon gemaak te word, rakke ALTYD besig om uit gepak te word. Vandag kon ek nie by die aartappels uit kom nie, want 2 skoonmakers is besig om so erg met karton te waai. Ek het beleefd gevra of ek verby kan kom en is net aangekyk, waarna ek besluit het om dwarsdeur hul te loop. Die pakkers is so besig om te "pak" en blokkeer alles. Gee nie om of kliente by produkte kan uitkom of nie. Die kassiere bespreek alles wat gekoop word, vandag was tot my klere drag en beursie bespreek.

Punt is, ek voel nie Welkom nie! Ek kan nie instap koop en uitstap nie, want die personeel gee nie om dat ek die klient is nie, hul is mos te besig met hul werk, al staan hul baie keer en gesels. Die personeel is pleinweg ongeskik. Ek het dit al paar keer in die boek by die kantoor geskryf, maar geen verbetering nie.

My inkopielys en kleredrag het niks met die personeel te doen nie. My tyd is kosbaar en ek wil so vinnig moontlik in en uit die winkel, maar dis onmoontlik in die winkel. Daarom ry ek eerder na Spar in Nigel, maar vir min en maklike goedtjies is pick a pay nader.

Date:

Company: Pick 'n Pay

Country: South Africa   City: Heidelberg

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google