AfricaComplaints.com » Security » Complaint / review: Altech Netstar - No show at hijacking | #173661

Altech Netstar
No show at hijacking

Goeie more Johan is dit moontlik om ons te antwoord?
l
Saterdag oggend (25/05/2013) omstreeks 5:00 het ons heel toevallig 'n sms op ons selfoon gesien. Die sms is gestuur 25 May 2013 en lees "URGENT. Battery disconnect violation - FVS692MP VOLVO FMX440, at 2h48 on 25/05/2013. Please contact Altech Netstar 0800112222 in case of emergency".

Die sms het gelei dat Bundu Pale tydens die insident baie amper 'n bestuurder verloor het! Die drywer is etlike ure aangehou, R6000 se diesel, 8 bande met rims, twee batterye en die GPS is gesteel. Hoe is dit moontlik dat Netstar slegs 'n SMS stuur in 'n geval waar 'n battery ontkoppel is? Die vorige keer wat die battery ontkoppel is, is die trok ook aangeval, maar met die groot verskil dat Netstar ons dadelik gebel het.

Wat nog meer skokkend is, is dat ons VOOR julle reaksiespan op die toneel was! Hoe is dit moontlik, veral na my man 10 minute by die polisiekantoor op Witrivier moes wag vir hulp?

So ons vraag is hoekom het ons Netstar? Is dit slegs om van ons versekering te kan eis of word daar 'n effektiewe diens aan 'n betalende klient gelewer? Is die lewe van ons bestuurder enigsins 'n prioriteit vir Netstar?

Date:

Company: Altech Netstar

Country: South Africa   City: Nelspruit

Category: Security

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google