AfricaComplaints.com » Health & Medicine » Complaint / review: Discovery Health - CHRONIES BETAAL UIT SPAARPLAN | #24161

Discovery Health
CHRONIES BETAAL UIT SPAARPLAN

Ek is goedgekeur vir Chroniese voordeel. Ek was by my dr op 22/2 en die rekening is betaal uit my spaar rekening ipv die chroniese voordeel, ek het dit nie opgetel nie. Op 26/9 was ek weer by dieselfde dr en word dit weer uit die spaar rekening betaal. Nadat ek ondersoek begin doen het oor hoekom my spaar gedeelte skielik so min is, het ek agtergekom die eise is betaal uit die verkeerde voordeel. Met verdere navraag het hulle agtergekom daar was kommunikasie probleem tussen die dr en mediese fonds agv die ICD 10 vorm wat nie korrek voltooi was nie. Die verkeerde kode is gebruik, maar dis vinning uitsorteer en ek het op 5 November 2012 'n mail ontvang van Vanessa Ramburan wat bevestig dat die voordeel goedgekeur is vanaf 1 Januarie 2012 - 31 Desember 2012. Tussen my en die dr se rekeningdame het ons die eise weereens afgestuur vir betaling uit die korrekte rekening. Die besoek van 26/9 is toe na vele gesukkel wel betaal uit die chroniese voordeel, maar die rekening van 22/2 is nou nog nie reg betaal nie. die het veroorsaak dat 'n rekening van Pathcare van 16 Oktober nie betaal is nie. Ek het al verskeie kere gebel ook, maar geen hulp. Het sopas weer 25min aangehou.

Date:

Company: Discovery Health

Country: South Africa   City: BELLVILLE

Category: Health & Medicine

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google