AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Standard Bank - Ongeldige verwysingsnommer vir internet-betaling | #272832

Standard Bank
Ongeldige verwysingsnommer vir internet-betaling

Ek het onlangs kantoormeubels gekoop by Waltons in Vredendal. Ek wou deur my Standardbank internet-diens daarvoor betaal, maar die transaksie is telkens geweier op grond van 'n ongeldige verwysingsnommer. Dit terwyl ek die rekeningnommer presies soos op die faktuur ingesleutel het. Op die ou end moes ek per tjek betaal, wat my heelwat meer aan bankkostes gekos het. Ek weet nie of dit as gevolg van Standardbank of Waltons se belaglike vereistes was nie, dus plaas ek hierdie klagte teenoor albei van hulle. Dit is regtig belaglik om 'n transaksie te weier op grond van 'n ongeldige verwysingsnommer, veral as die ingesleutelde verwysing wel een honderd persent korrek is. Dit is ook wel moontlik dat Standardbank dit met opset doen juis om mense te dwing om per tjek te betaal, net sodat hulle meer geld kan maak uit die betaling.

Date:

Company: Standard Bank

Country: South Africa

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google