AfricaComplaints.com » Business & Finance » Complaint / review: Standard Bank - Who is going to pay for this? | #190621

Standard Bank
Who is going to pay for this?

Ek het 'n reeling met Standard Bank om skuld terug te betaal op Debt Review.
Ek is self employed en doen werk vir die stadsraad van Pretoria en die stadsraad het van all blanke kontrakteurs ontslae geraak - rasistiese aksies.
Die gevolg is dat ek vir die afgelope 3 maande geen inkomste verdien het nie agv die Pretoria stadsraad se rasistiese aksies. Ek maak toe geen betaling vir Junie en Julie 2013 nie en maak toe weer 'n betaling op 1 Augustus 2013. Toe handig Standard bank my file oor aan Bham & Dahya CC skuld invorderaars.
Ek het 'n FINAL DEMAND vanaf Bham & Dahya CC af ontvang en ek skakel toe die skuld invorderings maatskappy om hulle te verwittig dat ek wel vir Standard Bank op 1 Augustus 2013 geskakel het en hulle vertel dat ek 'n betaling gemaak het.
Die vrou met wie ek gesels het kon blykbaar nie op haar stelsel sien dat ek die betaling gemaak het nie.
Ek vra haar toe wat die koste implikasie van my file is wat nou aan Bham & Dahya oorhandig is?
As dit gaan beteken dat ek addisionele onkostes gaan moet betaal dan kan ek dit eenvoudig nie doen nie want ek kan GEEN addisionele onkostes aangaan nie.
Die dame kon my nie antwoord nie.
Nou wat is nou die regte antwoord?

Date:

Company: Standard Bank

Country: South Africa   City: HEAD OFFICE

Category: Business & Finance

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google