AfricaComplaints.com » Shops, Products, Services » Complaint / review: Pick n Pay - UNBELIEVEBLE WARM | #259073

Pick 'n Pay
UNBELIEVEBLE WARM

Hierdie pick n pay winkel op die hoek van 18de laan en Fratesweg het altyd 'n verskoning oor die temperatuur in hulle winkel. ek bly al 6 jaar in pierneefstraat en doen inkopies vir daardie tydperk by pick n pay, maar het nou besluit om verder te ry na Spar in Queenswood. dis absoluut swak van hierdie ppay om ons as kliente en hulle werkers so te laat werk en ons te laat inkopies doen sonder 'n "aircon".eers is daar altyd 'n lek, dan wil die gebou bestuurder nie die pype kom regmaak nie, dan het daar iets gegaan en hoofkantoor wil dit nie regmaak nie. dis 'n skande dat so 'n vriendelike tak met 'n? standard items op die rak nie hulle winste wil afstaan en 'n ordentlike "aircon" wil laat installeer nie. hoekom gaan sit een van die area bestuurder nie daar die heeldag en voel hoe voel dit nie, dit is 'n skande. ek hoop julle sal iets hier aan doen, julle bly my gunsteling winkel wat 2x blokke loopafstand van my is maar ek verkies deesdae om 'n paar rand se petrol uit te ry en na 'n ander winkel te gaan. my Ma kon 2x weke terug nie eers tot by die rak waar die ontbyt pap is gaan nie, toe wil sy omtrent omval van die hittegolf.

Date:

Company: Pick 'n Pay

Country: South Africa   City: Villieria

Category: Shops, Products, Services

0 comments

Information
Only registered users can leave comments.
Please Register on our website, it will take a few seconds.




Quick Registration via social networks:
Login with FacebookLogin with Google