Mtn
MTN se kliëntediens wat getuig van onbeholpenheid

Telecommunications

Mnr R Mc Carthy, my seun, versoek dat selfoonrekening. A4063202 van Mev A Mc Carthy met selnommer 071 896 8777 na sy naam oorgedra word.
-In April 2013 ontvang hy sy eerste rekening maar die selfoonnommer op die rekening verskil van bovermelde nommer. Die eienaar van die selfoonnommer 071 890 8777 is ene mev. Mary Bomela met rekeningnr. A4538794 waarvan my seun, Ruan Mc Carthy rekeninge ontvang.
-Ondergetekende het by vele geleenthede met navrae verneem dat die regstelling gedoen sal word. Niks het egter nog gebeur nie. MTN- telefoonrekords sal getuig hiervan.
-My seun het vir periodes nie gebruik van die foon gehad nie aangesien eers die regsafdeling van MTN en toe 'n ongevraagde SIM-swop 'n verbreking met MTN se netwerk veroorsaak het.
-Die kontrak (A4063202) met selnommer 071 896 8777 is op 14/11/2013 GEKANSELLEER aangesien die konneksie met die MTN-netwerk nou reeds meer as'n maand verbreek is. Die kontrak eindig eers in Julie 2014!
- R. Mc Carthy, my seun, OOK begroet met 'n finale aanmaning van "VVM Debt Collectors" aangesien hy verantwoordelik gehou word vir Mev. M. Bomela se rekening by MTN.
KAN U HELP ASSEBLIEF!!!
Mev. A. Mc Carthy


Company: Mtn
Country: South Africa
City: Potchefstroom
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Autopage
Behulpsaam, maar oningeligte personeel

Nashua Mobile
Foutiewe Rekening

De Lucia Group
SWAK DIENS

Mtn
Rekening

M R Trust Radiology
WRONGLY PUT ON ITC WITHOUT RECEIVING AN ACCOUNT

Cell C
CELL C CHARGE ACCOUNT AND DIDN'T GIVE PERMISSION

Mtn
KONTRAK UPGRADE AAN NIE REKENINGHOUER VAN KONTRAK

Vodacom
GEE HELP

Autopage
Klagte oor Selfoon rekening

Vodacom
ONS DELETE JOU SIMCARD, ONS GAAN JOU NIE SE!!!