Autopage
Klagte oor Selfoon rekening

Telecommunications

Ek het op Feb se rekeningstaat opgemerk dat my rekening met 'n tweede "device" gekrediteer is. Ek het dadelik die dienssentrum geskakel wat belowe het om die fout dadelik reg te stel. Niks het gebeur nie. Maart dieselfde storie, weer die dienssentrum geskakel en met Shadrech gepraat. Dieselfde beloftes en niks gebeur. Ek is na Woodlandstak waar ek my klagte weer ingedien het. Ek ontvang 'n oproep van hulle krediet departement om my mee te deel dat ek aan hulle 'n bedrag van R257 verskuldig is en onmiddelik dit moet betaal of hulle neem regstappe teen my. Die oproeper kan ook nie aan my verduidelik waar hulle aan die bedrag kom nie. My rek. word per debietorder betaal en dus weet ek ook nie hoe ek skielik agterstallig kan raak nie. Intussen het ek per e-pos 'n finale aanmaning ontvang (geen naam op aan wie dit gerig is nie) en 'n nuwe rekening waar hulle 'n saldo afbring van R997.49 en 'n debiet aftrekking gemaak het van R740. Vorige rekeningstaat toon 'n saldo van R627.49 wat op April se staat afgebring moes word. My kontrak gesluit met hulle is 'n Business TopUp en koste is R442.49. Ek het ook op verskillende geleenthede gevra dat my debietorder gekanselleer word.


Company: Autopage
Country: South Africa
City: Woodland, Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Vodacom
Rekening Maak net geld

Channel Life
RETRENCHMENT VOORDEEL BHU07130L

Cell C
Swak diens en lee beloftes met onbevoegde personee

Foschini
Fochini belas my rekening met bedrae geen aankope

Capitec Bank
DEBIET ORDER

Telkom
Telkom employees mess around with custome

Absa
Geen terugvoe

Standard Bank
ONBEHOLPE STANDARD BANK

Autopage
Rekening probleem vanaf 2012

First National Bank
IPAD rek agterstallig