Mtn
MTN moet verduidelik

Telecommunications

Dit sal waardeer word indien MTN Hoofkantoor 'n hulle kant van die storie bring. Op Saterdag 4 Mei moes ek na bg. MTN om op te gradeer nadat ek na weke se gesukkel en talle besoeke die vorige opgradering gekanselleer gekry het weens ontevredenheid met die nuttelose en ingewikkelde Nokiafoon wat aan die pakket gekoppel was. Omdat die pakket elke keer vir my primer en die foon sekonder is wou ek opgradeer na die R329-00 pakket, wat R 350-00 lugtyd en 350 sms'e en die Samsung Galaxy SIII Mini (i8190) ingesluit het. Hierdie pakket was uitstekend en het al die waarde toegevoeg wat ek in die nuwe kontrak wou he. Weereens 'n teleurstelling en weereens was ek die verloorder, want verkoopspersoon het my meegedeel foon is uit voorraad en ook nie meer beskikbaar weens die bekendstelling van die S4. Mimosa Mall is ook gebel en ook hulle het geen foon gehad nie en ek was a.g.v. die scenario gedwonge om die SIII pakket te neem met 'n verlies van R 150-00 lugtyd asook 150 sms'e. Op geen van die bladsye van die promosie brosjure of by die pakket sien ek terwyl voorraad hou nie. Baie snaaks vir my dat 8ta, Cell C en Vodacom 'franchises by navraag nog almal SIII mini fone in voorraad het???


Company: Mtn
Country: South Africa
City: MTN HOUSE, Nelson Mandel
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Vodacom
Geen administrasievermoee, nou moet ek betaal??

Mtn
MTN moet verduidelik

Cell C
Upgraded - still no phone received

Mtn
Replacement of phone

Mtn
Doen nie wat hul belowe nie

Beares
Foon kom terug met merke

Telkom
BAIE SWAK DIENS MET OPGRADERING VAN TELKOM MIX

Mtn
Poor Services

Vodacom
Swak Diens