Vodacom
Geen administrasievermoee, nou moet ek betaal??

Telecommunications

Ek het 4 kontrakte by Vodacom, wat omtrent 'n bedrag van R1500 per maand beloop. Dit was tyd vir my foon om op te gradeer, dus het ek opgegradeer na die nuwe Samsung Galaxy 4. Ek besluit toe om die foon vir my vrou te gee, omdat sy die funksies van die foon meer as ek sal gebruik. Sy is tans op n blackberry kontrak, en ek besluit toe om haar blackberry te vat. Met die ruil van die fone, het ons gedink dit sou beter wees dat sy opgradeer na die large pakket van vodacom, omdat sy die nuwe samsung sou kry. Dus op 29 april gaan ek in na vodacom om hierdie migration aan te vra. Ek het alles by vodacom afgehandel. Toe ek online op my rekening ingaan, n paar dae later, sien ek ons rekening trek al ver oor n R2000!!! Ek gaan toe dadelik in vodacom kolonnade toe, waar ek uitvind dat hulle die migration pakket eers die 2e Mei geaktiveer het, met die effek dat ek dus nie in die pakket is waarvoor ek geteken het nie. Ek is hoogs ontsteld, want vanwee swak administrasie moet ek nou betaal vir n fout van vodacom? Daar is ook nie gese dat die samsung bly sincroniseer nie, dus, dat dit konstant data gebruik nie. Ek is hoogs onvergenoegd en verwag n volle krediet vir hierdie oneffektiwiteit!


Company: Vodacom
Country: South Africa
City: Kolonnade
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Vodacom
Vodacom has incompetent STAFF!

Mtn
MTN moet verduidelik

Vodacom
Swak diens mbt herstel van Blackberry 9300

Vodacom
Swak diens van Vodacom

Vodacom
Swak Diens

8ta / Telkom Mobile
Moet nooit n 8ta kontrak uitneem nie!!! SWAK

Vodacom
Rekening Maak net geld

Vodacom
Nokia 206

Vodacom
Oken phone