Absa
Geen terugvoe

Business & Finance

Ek het in 2000 'n begrafnis polis by ABSA uitgeneem en nog al die jare betyds betaal. In Februarie het ek my tjek rekening gesluit en 'n spaar rekening oopgemaak en gevra dat hierdie en 'n ander debiet order geskuif word. Die ander een is geskuif maar hierdie een nie.

Ek het dit nie agter gekom nie maar einde Mei is ek gekontak en gese dat die polis agterstallig is.

Ek het gereel dat die agterstallige bedrag verhaal word van my rekening 26 Junie en dan sou die polis her ingestel word - ek het 'n brief ook ontvang wat dit so aandui. Ek is daarna gebel en weer gese dat die polis nou gekanseleer is. Ek het vir hulle genoem van die brief en hulle het dit toe so aanvaar. Die verhaling vanaf my rekening het egter nooit gebeur nie en ek is toe 29 Junie na my tak toe om te hoor wat aangaan.

Ek het daar met gepraat wat die nodige afdeling gekontak het. Hulle het hoog en laag belowe dat die geld maandag 1 Julie verhaal sal word. Dit het ook nooit gebeur nie!!

Kan julle asseblief baie dringend ondersoek instel en vir my laat weet wat ek moet doen om nou finaal hierdie polis her-in te stel. Ek het die 5de Julie al die navraag per epos aangestuur maar niemand kom terug na my toe nie


Company: Absa
Country: South Africa
City: Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Clientele Life
Geen terug voering oor uitkeer van die polis geld

AIG Life South Africa
Polis gekansellee

Autopage
Oorgegee aan DMC

Mutual & Federal
Verskaffer stop kontrak dubbel premie herstel HELP

Capitec Bank
Slegste Diens ooit!

Absa
Vermindering van oortrokke SONDER kennisgewing

American Swiss
TYDSKRIF OP REKENING

1Life
N MENS KRY NIE WAT GESE WORD NIE

Old Mutual
Debietorder - R4602.00