Vodacom
Swak diens

Telecommunications

Op my werk selfoon se "Itemised Billing report" sien ek dat daar "vlive" afgaan, en dit gebeur ook op die onmoontlikste tye van die dag wat ek beslis nie iets doen nie. (Soos in die middernagtelike ure - dan slaap ek!)

Ek het navraag gedoen by [Email Removed] en Kubeshni het laat weet dat dit is wanneer daar "gebrowse" word op die foon (wat ek nie doen nie, want die foon is meeste van die tyd afgeskakel).
Kubeshni het ook gese dat dit dalk kan wees dat daar "background upgrades" is. Ek het gevra hoe ek dit kan sien ek is verwys na die naaste Vodacom winkel.

Elke keer wat ek dan na die Vodacom winkel in Vredendal gaan, kan hulle my net nie help nie en verwys my dan na 082 1940.

Ek is die klient en verwag ek dat indien hulle my nie kan help nie, dan moet hulle self die nommer skakel en uitvind.

Dit gee net vir my die indruk dat niemand my wil help nie. Ek betaal nou elke maand goed waarvoor ek niks doen nie!

Ek hoop regtig dat iemand iets hieraan kan doen!


Company: Vodacom
Country: South Africa
City: Vredendal
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Vodacom
Probleem op foon

8ta / Telkom Mobile
Moet nooit n 8ta kontrak uitneem nie!!! SWAK

Homemark
Verkoop van polaroid tablet aan 86 jarige

Department of Labour
SWAK DIENS VAN DEPT VAN ARBEID, PORT ELIZABETH

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Telkom
SWAK DIENS

Nashua Mobile
Swak diens!!!

Vodacom
DIE SWAKSTE OPGELEIDE PERSONEEL

Autopage
Oorgegee aan DMC