Homemark
Verkoop van polaroid tablet aan 86 jarige

Shops, Products, Services

Volgens homemark het my moeder van 86jr die tablet by hulle telefonies op die 30ste Januarie bestel. Daar is geen verwysingsnr of bestelnr aan haar gegee nie, wat al klaar vir my agterdogtig gemaak het. My moeder wat nooit eers iets by hulle bestel nie, word op 'n gereelde basis deur hulle gekontak oor goed wat hulle gratis vir haar wil gee waarop sy gereeld antwoord dat sy niks wil he nie en as hulle aanhou dan weier sy om enige posgeld ens te betaal. Dus is die kans dat sy so iets sou bestel verregaande. Na ons besluit het om dit te hou aangesien hulle vir haar gese het sy kan dit nie terug gee nie het ons agtergekom dit kan nie 'n datakaart gebruik nie. Toe begin my bellery na hulle toe. Nodeloos om te se dat dit een na die ander verwys word en met verskillende stories. As hulle belowe om jou binne 20min of so terug te bel kan jy gelukkig wees as hulle jou na 4dae dalk bel. So gaan dit nou al vir 'n maand aan. Nou moet dit met 'n dongle werk. Ek het die moeite gedoen om by Vodacom data asook Nashua te gaan navraag doen soos hulle voorgestel het, maar dit werk nie. Nou het ek hulle gevra om die tablet terug te neem of vir my 'n dongle te gee wat werk. Nou wag ek alweer.


Company: Homemark
Country: South Africa
City: Sandton
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Outsurance
Hoeveel mense word so gevang???

J&k Mobile Mechanic 24/7
J&K MOBILE MECHANIC 24/7 moet beginners wees

Mr Price
Mr Pric wat 'n useless company

Homemark
Call and take money from your account

Vodacom
Swak diens

Vodacom
Vodacom

Rochester Home Decor
BAD SERVISE

Doves Funerals Insurance
Doves gee swak diens en het geen simpatie

First National Bank
Temporary loan fnb!!! R780 gemaak in 6dae!!!

Toyota
Vehicle-VW TOURAN 1.9 TDI 2006, Reg no DHR 917MP