Mtn
Marc se ekstra myl!

Telecommunications

Ek wil hiermee my opregte dank en waardering uitspreek teenoor Marc en Peggy vir die wyse waarop my selfoonprobleem hanteer en opgelos is. Ek het aanvanklik my ontevredenheid met die foon, nie die pakket, teenoor Peggy gelug, waarna Marc dit ongelukkig verder moes hanteer. Ek was/is steeds uiters ontevrede met Mtn HK se hantering van my e-pos, waarop hulle 2 keer met niksseggende outomatiese antwoordstelsel boodskappe geantwoord het en niks aan my probleem gedoen het nie. Ek is nie 'n baie geduldige mens nie en onder erge besigheidsdruk, maar Marc en Peggy het my egter baie taktvol en simpatiek behandel en laat verstaan dat hulle werklik wil help, onderhewig aan sekere beleidsprosesse wat eers nagevolg moes word, wat Marc dan ook telefonies en per e-pos, in my teenwoordigheid, gedoen het. Hy het my ook deurentyd op hoogte gehou met kommunikasie ontvang vanaf Somayya Akhalwaya en het werklik die ekstra probeer loop. Baie dankie weereens Marc vir jou vriendelikheid, tyd, moeite en hulp en dat jy my as 'n baie gewaardeerde Mtn klient behou het. Ek vertrou dat Mtn my dank persoonlik sal oordra en Mtn ook die waarde en aanwins van die gemelde persone ten volle sal besef.


Company: Mtn
Country: South Africa
City: MTN House, Nelson Mandel
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Incredible Connection
SOMERSET MALL IS N TAK WAAROP JULLE KAN TROTS WEES

Purple Turtle Movz
Fantastiese diens PTM span

JH Retief Transporters
Professionele - J.H. Retief Transport

Santam
Baie swak diens

Rf Technologies
Van 5% tevrede na 110% tevrede!

Bakenkop Animal Clinic
Beste diens

Executive Toys
Baie dankie en regstelling

Outsurance
Outsurance Assessor SIAS mnr Piet vd Westhuizen

Cellini Luggage
Baie goeie kliënte diens by Tygervallei tak

Cell C
Anel Coetzee