JH Retief Transporters
Professionele - J.H. Retief Transport

Cars & Transport

Hiermee wil ek net baie dankie se vir die professionele manier waarop Retief Transport ons trek vanaf Wellington na Bonnievale hanteer het.

Jou hele span mense het hul uiterste bes gedoen om behulpsaam te wees. Dit was so 'n groot hulp vir ons! En al was dit 'n stressvolle tyd, was dit 'n riem onder die hart om te weet dat ons op julle kon staatmaak.

Alles het seepglad verloop en elke lid van die span het bygedra en die ekstra myl vir ons geloop.

Dra asb ons opregte dank en waardering oor aan elkeen. En ook vir jou spesifiek wat ons bygestaan het met die vooraf-reelings, en ook met raad en daad bygestaan het!

Sterkte en voorspoed vir julle vir die pad vorentoe, mag julle net sukses bereik, want met sulke diens verdien julle dit.

Vriendelike groete

Dirk en Sasha van Schalkwyk


Company: JH Retief Transporters
Country: South Africa
City: CAPE TOWN
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Purple Turtle Movz
Fantastiese diens PTM span

Uni Capital Group
Satisfying Service

Express Removals
BESTE DIENS

Bakenkop Animal Clinic
Beste diens

Mccarthy
Uitstekende diens wat alle verwagtinge oortref

JH Retief Transporters
Professionele diens

Bollieland Creche & Nursery School
Julle is stunning!

Purple Turtle Movz
Beste Diens wat ek al gesien het op kort kennis

Incredible Connection
SOMERSET MALL IS N TAK WAAROP JULLE KAN TROTS WEES

Memory Ranch
Wat n plesie