Santam
Baie swak diens

Business & Finance

Ek was in Augustus 2013 betrokke in 'n motorongeluk en Santam is my versekeraar. Ek is uiters ongelukkig oor die swak diens wat ek ontvang het by hulle. 'n Asessor moes gaan kyk na my motor om te sien wat is alles fout. Die asessor het eers na drie weke by my motor gekom met die verskoning dat hy baie werk gehad het. Uiters swak van hulle. In die tweede plek het die paneelkloppersby wie my motor gestaan het, my motor se spaarband gesteel en vir my 'n ou onbruikbare spaarband ingesit. Ek is ongelooflik ongelukkig oor die diens wat ek ontvang het vanaf Santam. Ek was vir 3 weke langer sonder my motor en hul het geen moeite gedoen om die proses te bespoedig nie. Ek hoop ek sal in die toekoms baie beter diens vanaf Santam ontvang, anders sal ek verskuif van versekeraar.


Company: Santam
Country: South Africa
City: Branch
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Santam
Kompliment

Mtn
SWAK DIENS - GEEN TERUGVOER

Santam
Swakdiens van Santam

Ford
Swak diens

Virseker Insurance
Drie weke geneem voordat eis toegestaan is?

Edgars
Swak diens

Game
Swak diens van Game Drie Riviere

Telesure Group Services
Claim assesment

Santam
INSURANCE CLAIM GONE VERY BAD

Vodacom
Swak Diens