Vodacom
Die dame weet nie wat is die goed waarvoor ek vra

Telecommunications

Ek was vandag by Vodacom om my talking points te gaan inruil vir goedere wat hulle inruil vir sekere hoeveelheid punte. Die dame wat my gehelp het (dra nie naamplaatjies nie) het geen belangstelling getoon in enige iets wat ek haar gevra het nie. Sy was met persoonlike gesprekke met iemand toe 'n ander persoon vir haar s? om my te help. Toe sy my uiteindelik kom help, was sy baie onbehulpsaam en ongeskik. Ek het gevra wat is sekere goed op die papier wat ek 'n rukkie terug by hulle gekry het, en sy het geen idee gehad wat dit is nie. (Die produk). Sy het glad nie belanggestel om navraag te doen of om by iemand anders uit te vind wat dit is waarvoor ek gevra het nie. Die dame is 'n kleurlingvrou. Die bestuurderes was nie beskikbaar nie. Ek dink dit is regtig swak. Want as jy belangstel in 'n selfoon of tablet, is die mense mos veronderstel om te weet wat dit is, en nie skouers op te trek en te s? sy weet nie wat dit is nie. Ek dink die dame werk al 'n geruime tyd by Vodacom. Ek het gevra as ek belangstel om die foon/tablet te vat, hoe lank ek moet wag voor dit beskikbaar is, sy het ges? sy weet nie. Dis regtig onaanvaarbaar.


Company: Vodacom
Country: South Africa
City: Middelburg Mall
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Spar
Naam skending en Slegte Klientediens

Vodacom
Swak diens

First National Bank
WILKOPPIES FNB KLERKSDORP

Mr Price Home
Moes lank wag&was onvriendelik

CNA
RETURN VAN GAME NIKS GEHELP NIE

Builders Warehouse
PVC Reduce las

KFC
Swak diens

Happy Nappy
Baie slegte diens van verkoopsdame by Happy Nappy

Jet
SLEGTE DIENS EN MANIERE VIR ALBEI JET WINKELS

Pick 'n Pay
Help nie kliente klaar en reg nie