Happy Nappy
Baie slegte diens van verkoopsdame by Happy Nappy

Miscellaneous

Hallo Peter. Ek is baie ontsteld oor die diens wat ek en my suster gister (10 April 2013) by Happy Nappy in die Midwater Sentrum in Middelburg, Mpumalanga, ontvang het. Die dame agter die toonbank weet absoluut nie hoe om met kliente te werk nie. Die diens was uiters swak, sarkasties en misluk. Hierdie is NIE die eerste keer wat sy (die verkoopsdame) so met kliente maak nie. Ek het al hewige kere gesien hoe sy met kliente werk en hoe ontsteld hulle by die winkel uitstap sonder die goedjies wat hulle wou koop. Ek het nie stilgebly gister nie, en het sommer in die dame se oe gekyk en vir haar gese ek weet nie hoe kan mense wat so misluk is by sulke plekke aangestel word nie. Ek meen, dis uiters swak! Ek is 'n wit vrou en maak geen rasistiese aanmerkings nie. Die dame wat ons gehelp het is ook 'n wit vrou. Ek het geen idee wat haar naam is nie, as ek geweet het, sou ek dit hier gepost het.
Ek hoop Happy Nappy kan haar aanspreek oor haar gedrag, aangesien sy heel duidelik nie weet hoe om haarself te gedra nie. Ek wens net meer behulpsame mense kan in sulke posisies aangestel word.

Dankie

Danel


Company: Happy Nappy
Country: South Africa
City: Midwater Centre, Middelb
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Builders Warehouse
PVC Reduce las

First National Bank
WILKOPPIES FNB KLERKSDORP

SA Post Office
Swak Diens

KFC
Swak diens

Makro
Patetiese diens

Absa
Geen terugvoering

Vodacom
Die dame weet nie wat is die goed waarvoor ek vra

Edgars
Swak diens

Spar
Naam skending en Slegte Klientediens