Die Burger
Verhaling van premie met verkeerderlike frekwensie

Newspapers & Magazines

My ouers is pensioenarise en jare getroue ondersteuners van Die Burger. Hulle premie word via Kaapse Verbruikers verhaal. My ouers sukkel al die afgelope paar jaar, want die premie word kwartaaliks verhaal en nie maandeliks soos aan die Burger versoek nie. Sedert Januarie sukkel my ma om die probleem met die Diensentrum uit te sorteer. Sy het met Ramondo Davids, Delia, Esme en Vanessa gepraat en nogsteeds is die probleem nie uitgesorteer nie. Hierdie maand het sy nou n rekening van Kaapse Verbruikers gekry wat die bedrae verskuldig as R462, R463 en R136 bevestig. Hoe is dit moontlik? Hoe moeilik is dit nou om die premie maandeliks verhaal? Hoekom die opsie aanbied as julle dit nie behoorlik kan administreer nie? Ek soek hierdie probleem onmiddelik uitgesorteer. My ouers sal nie een van hierdie bedrae betaal tot en met julle nou vir eens en altyd die probleem uitsorteer nie. Dink dit is tyd dat ek maar n brief aan julle Kampvegter stuur en dan sien hoe julle in julle eie koerant reageer op julle patetiese diens.
Die kontrak is in my pa se naam Mnr JH de Kock en die skrywe is vanaf Mev M Bosch (dogter)


Company: Die Burger
Country: South Africa
City: Kaapstad
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Moto Health Care
Moto health care / momentum

Beeld
REKENING OP DATUM / GEEN AFLEWERING

Mutual & Federal
Verskaffer stop kontrak dubbel premie herstel HELP

Personalised Systems & Services
Unauthorised Debit orde

Multichoice
SWAK SWAK SWAK

Snowball Effect
Bestuurder se houding is ONAANVAARBAAR

Outsurance
Car not fully setlled

Absa
Geen terugvoe

Cell C
How is this possible