Snipper Snip Kleuterskool
Good Service

Education & Science

Ek is al vir baie, baie jare verbonde aan Snipper-Snip Kleuterskool en ek dink regtig dat die klagte rakende ons Kleuterskool se baba-afdeling uiters onvanpas is en naamskending is. Die baba-afdeling is van hoogstaande gehalte en die higiene uiters belangrik. Ek dink dat hierdie betrokke mamma dalk hand in eie boesem moet steek en bietjie ondersoek moet instel na ander skole, want sy gaan ver soek om 'n beter plek vir 'n babatjie te kry. Die ratio vir klein babatjies is 4 tot 1 in die Bytjieklas en 7 tot 1 in die Hondjieklas by die groter babas. Almal by Snipper-Snip is baie lief vir babas en kindertjies. Hulle behoeftes en belange kom altyd eerste. Elke baba word oorlaai met liefde. Ek dink dat elkeen wat die beste vir hul baba en kindjie wil he, Snipper-Snip moet kom besoek en hulself van die feite kom verwittig. Haar hantering van die probleem getuig van swak smaak en ek wonder of hierdie mamma op enige plek tevrede gaan wees. Dis net jammer dat sulke mense ander skade berokken vanwee hul eie onvergenoegdheid. Daar is baie van ons wat met die grootste lof van Snipper-Snip, sy personeel en die eienares kan getuig. Snipper-Snip is tops!!! Dankie vir alles deur die jare


Company: Snipper Snip Kleuterskool
Country: South Africa
City: Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Snipper Snip Kleuterskool
Bad Service and Attitude

Heeltyd Speeltyd Kleuterskool
Beste Kleuterskool

Woelbos Kleuterskool
Going the extra mile!!!

Kids R Us
Die beste skool in Port Elizabeth

Nguni Grill
Dirty bathrooms

Absa
Vat net jou geld - geen diens lewering

Delta Autoland
150% al die pad

Makro
Patetiese diens

Klein Hoewe Kleuterskool
Om te proebeer om n eindelose put tevul

Col'cacchio
Health Risk - 3 bowls