Makro
Patetiese diens

Shops, Products, Services

Hulle staff is onbekwaam, stadig en weet nie hoe om hulle werk te doen nie.
Ek het 'n tv en "surround sound" sisteem gaan koop... die voorraad wat ek gesoek het was nie beskikbaar nie (nadat dit adverteer word en op die rakke uitgestal word).
Die werknemers weet nie hoe om die nodige vorms in te vul nie, 2-3 ander werknemers moes mekaar help om die vorms in te vul. Daar is so baie werknemers in die spesifieke afdeling... hulle almal sit net en doen absoluut niks nie. Kliente loop rond en soek hulp en daar word net eenvoudig nie gehelp nie.

Nadat my tv goedgekeur is en deur die "till" gesit is (let wel dame agter die til weet nie hoe dit werk nie) moes ek my tjek gaan "clear".
Daar het ek nog 10min gewag net vir die betrokke persoon om my te help.
Daar is vir my gese die tjek is "geclear" en alles op die tjek is korrek en ek kan voortgaan met my koop.
By till het betrokke persoon nie geweet hoe om tjek deur till te sit nie... weereens moes ek wag dat iemand haar kom help.
Tjek is deurgesit en geprint net om te hoor tjek is nie korrek nie en ek moet nuwe tjek gee.
Dit kos my om terug te gaan Makro toe en 'n nuwe tjek in te vul wat nog 'n helse proses sal wees.
Dit is uiters swak dien


Company: Makro
Country: South Africa
City: Bloemfontein
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Standard Bank
NIEMAND BEVEOG IN STANDARD BANK

Absa
ABSA IS CLUELESS

Absa
NOTIFY ME SYSTEM

Absa
Internet Banking

CNA
RETURN VAN GAME NIKS GEHELP NIE

Netcare
Treurige terug betaling van deposito

Absa
Vermindering van oortrokke SONDER kennisgewing

Nedbank
Belaglike Swak Kliente Diens

Doves Funerals Insurance
Doves gee swak diens en het geen simpatie

Builders Warehouse
PVC Reduce las