First National Bank
Bankkostes vir Kaarte wat nie bestaan nie

Business & Finance

Hierdie is die derde jaar in 'n ry dat FNB kredietkaart my 'n fooi hef vir 'n kaart wat nie bestaan nie. Elke jaar is dit na 'n e-pos binne 7 dae teruggekryf. Hierdie jaar het ek geskakel om te hoor waarom hulle nog nie my profiel in 3 jaar kon regkry nie. Die persoon het aangedui dat ek 'n petrolkaart het, wat twak is. Nooit het ek aansoek gedoen vir een, een gehad of petrol kon ingooi nie. Twee e-posse en drie weke later en nog steeds het ek geen terugvoering ontvang waarom ek jaarliks R140 fooi moet ekstra betaal vir 'n kaart wat ek nie besit nie. Die inbelsentrum is ook skokkend omdat die stelsel van jou jou pin kode verlang. Hallo FNB?? Gehoor van internetbedrog??? Onaanvaarbaar. Verder is hul diens in Potchefstroom ook Onaanvaarbaar. Daar is EEN BANK wat 630 000 inwoners bedien. Ek hou van die bank se produkte, maar ek HAAT POTCHEFSTROOM FNB. In die week as dit stil is, is jy gelukkig om 1 uur te wag. Naweke kan jy jouself regmaak vir 2-3 ure in die bank. Hoop julle gee aandag hieraan want ons klagtes word mos nie gehoor nie. Kan julle my per E-POS kontak oor die bankkostes asb! Die res is net dat almal in RSA kan sien dat Eerste Nasionale bank dalk LAASTE is!


Company: First National Bank
Country: South Africa
City: Hooftak
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Nedbank
Minagting vir Afrikaans

Absa
SWAK DIENSTE - BELIEG KLIENTE OP SKRIF!!!

Standard Bank
Goedkeuring van studentelening

Jurgens Ci
WAAROM 2X DIENSTE PER JAAR

First National Bank
PAID UP PETROL CARD

Aig Life South Africa
Baie slegte en vertraagde terugvoer. Eis misversta

Game
Swak diens van Game Drie Riviere

Multichoice
SWAK SWAK SWAK

Standard Bank
STAN/BANK NOT KEEPING TO ADVERT. GOOD SERVICE

Beeld
REKENING OP DATUM / GEEN AFLEWERING