Defy Appliances
Defy non existing diens

Shops, Products, Services

Ek woon in Somerset Oos, Oos Kaap, ongeveer 2 ure se ry van Port Elizabeth. Die 14de Augustus het my Defy oond gebreek, ek het dadelik vir Defy PE geskakel en 'n werksnommer gekry. Tydens die oproep het ek verduidelik my oond raak nie warm nie, logies moet dit die element wees, en dat die oond 4 jaar oud is, so jy behoort 'n idee te he van watter jaar model dit is en watter element. 4 weke later doen Tony die moeite om hier op te daag, nadat ek 2keer elke week skakel, het nie die part in voorraad nie, sal weer kom. Nog 4 weke later en die part is eventueel daar, maar hulle sal eers oor 2 weke hier uitkom - ek kan nie dink dat dit moontlik is om 10 weke te moet wag vir 'n oond wat reggemaak moet word nie. Hulle bemark dan dat daar tegniese mense is wat jou defy by die huis sal kom regmaak??? Die diens is nie verniet nie, jy betaal daarvoor?? Het boodskap vir Richard Green die hoof gelos, tot vandag toe nog nie terug gekom na my toe nie. Nooit weer sal ek enige Defy produk koop nie!! Dat niemand nie eens die telefoon kan optel en die moeite doen om na my toe terug te kom nie - ek sal verseker Defy hoofkantoor skakel, dalk sal hulle die moeite doen om my oproept te beantwoord


Company: Defy Appliances
Country: South Africa
City: Port Elizabeth
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Absa
VERBAND AANSOEK

Maneki
Dit vat 'n ewigheid

Hyundai South Africa
CD playe

Discovery Health
AGTERSTALIG

Capitec Bank
Seeking answers to a big problem

Autopage
Oorgegee aan DMC

Vodacom
SLEGSTE KLOMP MENSE

Defy Appliances
Probleem met roes, nate wat lostrek en toevries