Martinez Hair & Nail Studio
Mislukte Permanente golwing

Shops, Products, Services

Ek het R1680 betaal om my hare 2 weke terug (27/04/13) te laat perm. Ek het vir Elzanne gese my hare krul moeilik maar sy het gese dit is nie 'n probleem nie. Sy sou my hare gesny het, maar na die perm het sy gese sy gaan nie want die getrek aan die hare sal die perm nog sagter laat word en dat my hare nog gesond is. Sy het dit toe met die de-fuser en "curl booster" droog geblaas en steeds het dit nie geperm gelyk nie. Ek het 3 dae gewag voor ek dit die eerste keer gewas het. Daar is niks krul in my hare nie dit is so reguit soos voorheen net baie gebreek, ek moes meer as 2cm laat sny net om nie soos 'n gras besem te lyk nie. Ek is terug salon toe en ene Alan se toe as dit nie die Pantene (waarmee ek was) is nie is dit van narkose 'n jaar terug wat dit nie gevat het nie en die eienaar Thea se ek kan vir "treatments" kom vir die geldwaarde, Ek soek my geld terug ek het nie tyd en geld om elke nou en dan 60km heen en weer na hulle te ry daarvoor nie. Niemand het iets gevra van narkose nie en ook nie dat ek nie Pantene mag gebruik nie. Ek het gespaar hiervoor en het verwag dat ek goeie waarde vir my geld sal kry. My hare was so gesond dat ek net 2 x per jaar moes sny nou is dit gras!


Company: Martinez Hair & Nail Studio
Country: South Africa
City: Parkview shopping centre
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Heads Together
Baie ongelukkig

J J Hair
HARE AFSPRAAK NIE NAGEKOM NIE

Sanlam
Not informing customer!!!

Capitec Bank
Hulle laat ander mense my geld uit die bank steel

Vodacom
Ek wil net my geld terug he!!!

Multichoice
Belowe om terug te bel wag nou al 2 weke

1Life
N MENS KRY NIE WAT GESE WORD NIE

Capitec Bank
Slegste Diens ooit!

American Swiss
Slegte/Geen diens

Absa
Vat net jou geld - geen diens lewering