Zanandi
Goeie diens en lekker vakansie

Miscellaneous

Toe ek op google vir reviews soek om te kyk hoe die Zanandi Vakansie oord is, het ek net negatiewe reviews gelees. Maar ek kan met eerlikheid s? ons het n heerlike vakansie gehad, toe ons geboek het vir die vakansie was Johan se diens baie vining en ook baie goed, toe ons daar aankom was dit vreeslik besig maar nog het Tilla tyd gehad om vir ons n mooi plekkie uit te wys, alle kampplekke het skaduwee, 3 swembaddens wat skoon is, en kinders kon gaan fiets ry. Dis waar dat die Super tube en river rides nie die hele dag oop is, maar hulle waarsku mens sodra dit oop gemaak word, mens kan ook nie meer verwag siende dat die ritte net R2 is, en kampeer geriewe net R200 per nag is nie, gaan swem liewer in die swembad en geniet die riverride en supertube as n treat tussen deur. Die paaie is belig en asblikke was elke dag skoon gemaak EN mens kon nie vir beter en skoner ablusie geriewe vra nie. Tilla en Johan baie dankie vir n heerlike paar dae weg, ons kom definitief weer.


Company: Zanandi
Country: South Africa
City: Brits
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

San Cha Len
BELOFTES MAAK SKULD

First National Bank
Fnb jaag onkonstes vir klient onnodig op

Samsung South Africa
After Sale

Club Zanandi
Club Zanandi poor service

Incredible Connection
SOMERSET MALL IS N TAK WAAROP JULLE KAN TROTS WEES

Ford
Swak diens

Investment Pools
Aie swak diens

House Of Pools
MOOI SWEMBAD EN GOEIE DIENS

Absa
Vat net jou geld - geen diens lewering

Santam
Kompliment