Absa
Vermindering van oortrokke SONDER kennisgewing

Business & Finance

Hello Hentie

Hentie ek het met 'n skok agter gekom dat my tjek rekening skielik van - R3000 beskikbaar na R0.00 verander het. My oortrokke fasiliteit was opgeskuif na R7500 en het ooreengekom dat dit verminder sal word met - R680 per maand.

Ek het GEEN kennisgewing van ABSA ontvang dat my oortrokke rekening minder gemaak gaan word. Hentie dit is geld wat ek verdien het vanaf my 2de werk en dit is blatant GESTEEL deur ABSA sonder dat ek in kennis gestel word oor dit wat hulle gaan doen.

Dit MAG NIE gedoen word Hentie en ek wil graag die beskikbare gelde wat daar was weer beskikbaar gestel he. Hoekom kan die mense mens nie bel en versoek/se wat hulle beplan om te doen?

Ek wil weet of dit reg gestel gaan word en indien nie wil ek hierdie BAIE graag dringend eskaleer. Kan jy my asb so gou moontlik die nodige inligting gee?

Ek moes vannaand my elektrisiteit rekening betaal, wat moet ek nou aan my verhuurder se, ABSA het besluit hulle STEEL my geld.

ASB ek het MY geld DRINGEND nodig.

Piete


Company: Absa
Country: South Africa
City: Woodlands
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Absa
ABSA trek self versekering af

Absa
ABSA aftrekkings

Absa
Bankkoste

Absa
Geen terugvoe

Nedbank
Nedbank sluit my besigheids rekening

Absa
ABSA is ripping me off now - NO OVERDRAFT

Cell C
Breach of contract

Autopage
Rekening probleem vanaf 2012

Outsurance
Hoeveel mense word so gevang???

Absa
PROBLEME WORD NIE OPGELOS NIE