Pick 'n Pay
Ja - blameer die klient - dis mos reg so

Shops, Products, Services

Ek het 'n paar goed gaan koop & besluit toe op PnP Madeliefie Sentrum vir die PnP Shopper Points. Kom by till & Leratho vra of ek 'n plastiek sak wil he. Ek se ja. Ek trek my trollie uit die pad & beweeg terug till toe. My aankope was R182 & ek gee haar R200 & Leratho voltooi die transaksie. Ek gee toe vir Leratho my PnP Shopper Card & Leratho se toe net dat sy niks kan doen nie. Ek se haar toe om haar bestuurder te roep. 'n Vrou agter my sug toe baie hard. Ek neem toe my goed & stap bestuurder toe - so 'n kaalkop man. Hy wou ook niks omtrent die saak doen nie. Hy blameer PnP HQ wat blykbaar vir hulle briewe skryf & dit is blybaar ook opgeplak rakende die PnP kaarte.Net soos die kassiere vra of jy 'n sakkie wil he kan hulle ook vra vir jou PnP Shopper Card. Ek vra toe die kaalkop man om die transaksie te reverse & dit weer oor te lui. Nee meneer - kan nie. Pleks hy net my kleingeld gevra het & my R200 terug gegee het & my goed weer laat lui het. Nee - dit is teveel moeite. So die klient word geblameer. Ek ry by Spar en Woolworths verby op pad huis toe maar uit my pad uit na PnP toe. Lyk my punte is n foefie en tel vir niks. Mens verdien feitlik geen punte op aankope nie.


Company: Pick 'n Pay
Country: South Africa
City: Madeliefie Sentrum Preto
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Pick 'n Pay
Kasier/Vloer Bestuurder maak Klient uit as leunaa

Pep
Mense wat nie kan somme doen agter tille

Pick 'n Pay
SWAK DIENS EN AREA BESTUURDER LIEG VIR CUSTOMER

Homemark
Verkoop van polaroid tablet aan 86 jarige

Nedbank
Ek doen mos die moeite om te skakel

Absa
Geen terugvoering

Spar
Prys nie op die rak nie

Sasol
Swak diens

Bulls Eye Auto
Lieg en Bedrieg is daardie motor handelaar se lese

Spar
Dis om van naar te raak