Leapfrog Property Group
Leapfrog BREEK kontrak vir finansiele gewin!

Real Estate

Leapfrog Centurion het kontrak gebreek vir persoonlike finansiele gewin (kommisie)!
Ek het 'n geldige huurkontrak. Leapfrog Centurion het die huis wat ek huur verkoop en geregistreer op 'n nuwe eienaar se naam sonder om die huurkontrak in die koopversoek by te heg. Dus het die huis geregistreer terwyl daar 'n bestaande huurkontrak is. Nou wil die nuwe eienaars okkupasiehuur van my verhaal, verbouings aan die perseel maak ens... en Leapfrog weier om verantwoordelikheid te neem. Dis die swaktse en mees onprofessionele diens wat ek nog ooit ontvang het. Nou moet ek self tot die dood toe dreig om my deposito terug te ontvang. Ek kom die nuwe eienaar tegemoed om vroeer die perseel te ontruim as wat my huurkontrak stipuleer. Leapfrog is oneties. Hulle wou net 'n huis verkoop om die kommisie van die nuwe eienaar te verhaal, ongeag van die omstandighede wat hulle die nuwe eienaar of huurder in los. Ek moes my eie regsadvies inwin om 'n addendum op te stel wat my vrywaar van enige nalatige kostes, asook om die verbouings te voorkom en my deposito terug te ontvang. Leapfrog is arrogant genoeg om my as die party te bestempel wat nie wil saamwerk nie! Hulle is belaglik en oneerlik!


Company: Leapfrog Property Group
Country: South Africa
City: Centurion
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Varsity Rentals
Uiterse swak en onprofessionele diens

Stilfontein Wireless
Wireless internet

Vodacom
Kontrak, foon al 3 x ingestuur in 6maande

Virgin Active South Africa
Oorhandig aan prokureu

E P Radiators
Wou nie lekkende radiator wat onder waarborg is, v

Rawson Properties
Swak kliente diens van Rawson Secunda

Toyota
"splinter nuwe" tweede handse bakkie ontvang!!!

Just Letting
Swak diens!!!

H&h Verhurings
Moenie by hulle huur nie

Mccarthy
Faulty vehicle with a roadworthy certificate