E P Radiators
Wou nie lekkende radiator wat onder waarborg is, v

Cars & Transport

Op 3 November 2012 moes ek 'n nuwe radiator kry nadat agtergekom is die wat ek net meer as 'n jaar terug by EP Radiators gekry het, lek. n Nuwe is laat insit. Op 20 Mei 2013 het ek agtergekom dat die water in die waterhouer amper leeg was. Die radiator het gelek - ses maande nadat die nuwe radiator ingesit is. Die radiator was dus nog onder waarborg. Ek kon nie self na EP Radiators gaan nie en het my man gevra om te gaan en gevra dat ek telefonies gekontak moet word. Die eienaar kon my nie in die hande kry nie en het vir my man gese dat die radiator na die fabriek gestuur moes word om te besluit of ek 'n nuwe een moes kry. In die tussentyd moes my motor daar staan of ek moes 'self vir 'n nuwe een betaal tot van die fabriek gehoor is. Die eienaar was nie bereid om die risisko te dra en dit te vervang nie. Hy het toe aanbeveel dat die lek reggemaak moet word wat toe gedoen is. Ek was nie tevrede nie. Volgens die AA moes dit vervang word. Ander radiatorplekke wat ek gekontak het verwag nie dat die klient betaal as dit nog onder waarborg is nie. Ek voel ingedoen deur EP Radiators en baie ongelukkig met hul diens. Hulle moes op hul onkoste dit ver vang het.


Company: E P Radiators
Country: South Africa
City: Port Elizabeth
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Toyota
"splinter nuwe" tweede handse bakkie ontvang!!!

Dial-a-bed
Waarborg van bed word ignoree

Makro
Patetiese diens

General Motors South Africa
EITERS PATETIES

Hyundai South Africa
CD playe

GWM SA
Gwm kimberley geen diens

Afriworld removals
Swak diens

Momentum Health
Verander sommer net jou medies sonder dat jy weet

Autopage
Cellphone

GWM SA
KOPSEER NA HERSTEL VAN VOERTUIG