Waltons Stationery
Ongeldige verwysingsnommer vir internet-betaling

Miscellaneous

Ek het onlangs kantoormeubels gekoop by Waltons in Vredendal. Ek wou deur my Standardbank internet-diens daarvoor betaal, maar die transaksie is telkens geweier op grond van 'n ongeldige verwysingsnommer. Dit terwyl ek die rekeningnommer presies soos op die faktuur ingesleutel het. Op die ou end moes ek per tjek betaal, wat my heelwat meer aan bankkostes gekos het. Ek weet nie of dit as gevolg van Standardbank of Waltons se belaglike vereistes was nie, dus plaas ek hierdie klagte teenoor albei van hulle. Dit is regtig belaglik om 'n transaksie te weier op grond van 'n ongeldige verwysingsnommer, veral as die ingesleutelde verwysing wel een honderd persent korrek is.


Company: Waltons Stationery
Country: South Africa
City: Vredendal
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Standard Bank
Ongeldige verwysingsnommer vir internet-betaling

Absa
ABSA lig net skouers op en onbehulpsaam

Investment Pools
Aie swak diens

Vodacom
Rekening Maak net geld

Netcare
Treurige terug betaling van deposito

Absa
Betaal al vier jaar n ander persoon se versekering

Absa
Internet Banking

Mtn
UITERS swak diens