Discovery Health
Kan ek asb 'n antwoord nou kry?

Health & Medicine

Ek wag nou al 2 maande vir 'n antwoord vanaf Discovery vir my Quick Sets en Reservoirs wat vanuit 'n ander voordeel betaal moet word soos wat die geval in 2012 was maar ek bly inskakel en mense sal my terug skakel - dit gebeur net nie.
Dan skryf ek briewe en kry 'n half gebakte antwoord terug en as ek dan vir duidelikheid vra dan word ek net geignoreer.
Ek het op 19 Desember gereageer op 'n brief vanaf Wian Eloff vanaf Discovery waar ek hom pertinent gevra het wat my nou te doen staan synde Ryan Noach ons geforseer het om vanaf Medipost af oor te beweeg na Optipharm toe maar die toerusting kan net gefinansier word as dit deur Medipost gekleim word.
Waar los dit my dan nou as ek JUIS by die mediese verskaffer van Ryan Noach se aandrang is (Optipharm) maar dan word die game rules weer verander waar ek net gehelp kan word as ek weer met my vorige mediese verskaffer werk?
Intussen is dit nie Ryan Noach wat sonder mediese toerusting sit nie maar ek en almal trek net skouers op en beloof om my terug te skakel en dit gebeur net nie en my briewe word geignoreer.


Company: Discovery Health
Country: South Africa
City: Hoofkantoor
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Optipharm
DIT IS EN BLY 'N TERRIBLE DIENS

Optipharm
WAT MOET EK DOEN???

Absa
Ek wil WEET wat aangaan

First National Bank
Geen antwoord by e-pos adresse

Discovery Health
CHRONIES BETAAL UIT SPAARPLAN

Absa
ABSA DEBIET KAART

Nedbank
Ek doen mos die moeite om te skakel

Lancet
Hoe moeilik kan dit tog wees?

Discovery Health
Ek wag NOG STEEDS!!!