Netcare
Dokter wat skaars Engels kan praat nie

Health & Medicine

Hi.

Ons het Saterdag oggend na Sunward Park Hospitaal gejaag met ons seuntjie van 8 en n half maande oud. Sy koors was hoog en ons kon dit nie gebreek kry nie.

Die dokter aan diens kon skaar verstaan wat ek se en hy kon skaars Engels praat. Hy het nie eers in my seun se keel gekyk met sy ondersoek nie.

Hy het net ge mmmm mmmm mmmmm die hele tyd. Hy het toe gese dat hulle bloed moet trek om vas testel wat fout is. Ek het toe gese dit is reg, maar toe sy die dokter, " Yes we need to take blood, but eish its going to be a problem cause he is little". Toe kook my bloed.

Ek het op gestaan, ons seun gevat en die voorskrif en uit geloop.

Hoe stel mens so n persoon aan diens? Dit is on aanvaarbaar en pateties verby.

Ons het toe ons huis dokter gaan sien, want toe weet ons nog steeds nie wat fout is met ons seun nie. Sy het hom ondersoek en vind toe dat hy mangel ontstekking het. Sy het toe gese dat ek die voorskrif maar kan weg gooi van die ander dokter, want niks wat hy voor geskryf het gaan help nie.

Is regtig geskok deur die diens van Sunward Park Hospitaal.

Absoluut pateties pateties pateties verby.


Company: Netcare
Country: South Africa
City: Sunward Park
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Netcare
SWAK DIENS IN NOODGEVALLE

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Mike's Kitchen
Cavery

Checkers & Checkers Hypers
Pateties!!!

Dr Marinda Vosloo
Uitstekende diens!

Maneki
Dit vat 'n ewigheid

Department of Labour
SWAK DIENS VAN DEPT VAN ARBEID, PORT ELIZABETH

Samsung South Africa
After Sale

Doves Funerals Insurance
Doves gee swak diens en het geen simpatie

First National Bank
WILKOPPIES FNB KLERKSDORP