Medipost Pharmacy
WAT het dit met jou uit te waai?

Health & Medicine

Elke keer as ek Medipost skakel om met die persoon te praat wat met my rekening werk & my kroniese meds namens my eis & laat aflewer dan wil die persoon op skakelbord weet HOEKOM ek met my kontak persoon wil praat.
WAT het dit met hulle uit te waai hoekom ek met my kontak persoon wil gesels?
Ek wil DEFINITIEF nie verlede Sondag se kerkdiens met haar bespreek of Lotto nommers uitruil nie.
Ek skakel omdat ek BESIGHEID het om te doen met haar & seker te maak dat dit wat ek aangestuur het per email DUIDELIK verstaan word.
Die persoon op die skakelbord het NIKS met my privaat medikasies & siekte toestande uit te waai nie & ek vind dit uiters ONGESKIK van hom om my te vra HOEKOM ek met my kontak persoon wil praat.
As ek 'n rekening navraag gehad het sou ek gevra het vir die REKENINGE afdeling of vir die afdeling met wie ek wou kommunikeer.
Hierdie is nie die eerste keer dat ek so deur Medipost Gezina behandel was nie & ek hoef regtig nie met Medipost handel te dryf nie - daar is baie maatskappye soos Medipost met wie ek kan handel dryf. Inteendeel - ek bly by Medipost AGV my kontak persoon want my mediese fonds het hul eie medikasie aflewerings diens.
Doen dit nou weer...


Company: Medipost Pharmacy
Country: South Africa
City: Gezina
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Lancet
Hoe moeilik kan dit tog wees?

Discovery Health
Ek wag NOG STEEDS!!!

Ampath
HOEKOM OVER-CHARGE JULLE MY - GEREELD?

Auto And General
DIENS AAN MY NA MOTOR-ONGELUK

First National Bank
Julle nNeUk vir my rond

Edgars
Bad Service

Outsurance
Gooi 'n foon neer in my oo

Autopage
Lyne word geblok omdat dit nie betyds betaal word

Maneki
Dit vat 'n ewigheid

Standard Bank
Geld kom terug na my