Mustang Marketing
Swakste van swak

Education & Science

Ek sukkel nou al 'n week om my geld van Mustang Marketing terug te kry. Daar is vir ons gese dat die bedrag oor sestig maande van my Kredietkaart verhaal sal word. Nog nooit het my bank my geskakel oor my paaietment op my kredietkaart nie maar 1 Julie 2013 skakel hulle my en vertel daar is die bedrag van my rekening af. Onmiddellik kanselleer ek die kontrak met Mustang Marketing - binne die 5 werksdae afkoel periode soos op die kontrak. Ek skakel elke liewe dag van daaraf - praat met Jacques, dan skakel hy my deur na Adriaan en dan sal die vrou van die Finansiele afdeling my skakel, Dan bel ek maar weer, dan is sy uit of sy is in die badkamer.

Donderdag skakel ek weer en Jacques se voor die einde van die week is dit uitgesorteer, hy sal my Vrydag bel. Soos verwag kry ek GEEN oproep nie, ek moet maar weer skakel en weereens kan hy my nie 'n antwoord gee nie, want die leer is by die bestuur.

Nadat ek die kontrak gekanselleer het, stuur hulle toe so wragtig vir my 'n pakkie, wat ek net so teruggestuur het.


Company: Mustang Marketing
Country: South Africa
City: Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Mustang Marketing
Kanselasie van kontrak

Absa
ABSA lig net skouers op en onbehulpsaam

Vodacom
Vodacom swak diens

Discovery Health
Ek wag NOG STEEDS!!!

Vodacom
Gekraakte Sam siii skerm

Medihelp
Ad service

MDS Collivery
Swakste courier diens in Suid Afrika

Capitec Bank
Seeking answers to a big problem

Mtn
HOE moet ek my selfoon blok as JULLE nie jul fone

Vodacom
DIE SWAKSTE OPGELEIDE PERSONEEL