Unisa
MY.UNISA OFFLINE THE DAY BEFORE EXAMS

Education & Science

Ek het 'n week terug begin voorberei vir my eksamens en al my notas bymekaar gemaak. Ek het geduldig gewag op my werksopdragte omdat ek weet dat die poskantoor moeilikheid gee. Ek voel soos ek vandag hier sit klaar oorwonne met hierdie eksamenvoorbereiding omdat ek weereens nie weet wat dit is wat ek verkeerd doen nie, omdat ek nie my werksopdragte gekry het nie.

Die my.unisa webtuiste is af vandag, die my.life e-pos dienste is ook af!!! Ek is absoluut moedeloos!!! Dit is immers die dag voor die eksamen begin. Ek besef dat julle onmoontlik die posdienste kon beheer, maar dit voel vir my asof hierdie eksamen my al klaar gepooitjie het nog voordat ek eers begin het. Unisa het dit nie hierdie semester vir ons enigsins makliker gemaak om sukses te behaal nie.

Ek het ook nog nie eers my eksamenrooster ontvang nie??? Die diens is vir my absoluut swak. Is UNISA 'n onderriginstansie of probeer hulle maar net uit 'n paar van ons 'n vinnige randjie maak??

Hierdie is my finale semester en ek hoop om my graad nou finaal agter die rug te kry, maar op hierdie trant gaan ek nooit klaar kom nie!!!


Company: Unisa
Country: South Africa
City: NATIONAL
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Unisa
Eksamenuitslae

Pick 'n Pay
UNBELIEVEBLE WARM

Sheet Street
Sheet Street & Mr Price

Unisa
UNISA - NO RESPONSE

First National Bank
Julle nNeUk vir my rond

Unisa
BAD ATTITUDE

Samsung South Africa
BAIE SWAK DIENS

Motomia
PATETIESE DIENS