Motomia
PATETIESE DIENS

Cars & Transport

Ek het 'n Java 170cc scooter, 5/07/13 kontant gekoop. Maar van die begin af het ek nog net PATETIESE SWAK SWAK DIENS ontvang. Eers word daar vir meer as 3 weke gelieg oor die papiere wat gepos is. Na 'n woorde wisseling het Lloyd dit vir my uitsorteer, ontvang 06/08/13. Die motorfiets het van die begin af 'n harde geluid by die stuurwiel gemaak, daar is vir my dogter gese die motorfiets moet ingery word. 7/8/13 word motorfiets opgetel by haar werk vir die 300km diens, Wild Bikes in RTB het 'n Gawie gestuur om die fiets op te tel. Hy was so ongekik en onbeskof, het nie geluister wat alles fout is nie en met die aflaai het hy nie verduidelik wat alles fout is en wat reg gemaak is nie. Na die DIENS is die klap geluid weg maar die fiets bly regs trek. Asb ek het hulp nodig om hierdie transaksie te kanselleer, want as ek soveel probleme het in die eerste maand hoe lank gaan hierdie fiets hou. Is dit regverdig teenoor my as verbruiker? Om te dink ek wou nog 'n fiets by Motomia gekoop het, maar dit sal beslis nie realiseer nie. Asb help my om die transaksie te kanselleer.


Company: Motomia
Country: South Africa
City: Hillfox
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Department of Labour
SWAK DIENS VAN DEPT VAN ARBEID, PORT ELIZABETH

Jonway Motorcycles
LAAT MAAK JOU EIE PARTE!!

Sak Bikes
SAK Bikes - Onbeskryflik swak diens

Vodacom
Swak Diens

First National Bank
Krediet Kaart

Bouwer Broers
Swak Klientediens

Ford
Swak diens

Sak Bikes
S.A.K Bikes management

First National Bank
Bedrog in advertensieveldtog