HYUNDAI MOTORS - HEAD OFFICE
Car bought engine faulty

Cars & Transport


Goeie dag,

Ek soek ‘n verduideliking en/of n voertuig wat in uitnemende kondisie is van my voertuig met die waarde van R330 000. Anders soek ek my geld terug vanaf Hyundia.

Ek is baie ontevrede met die tipe kliente diens wat Hyundia Brackenfell en Hyundia Worcester aan my Deon Lourens ID 6908010259081 verskaf het. Ek het n blou Greta CCD 20512 by Hyundia by Brackenfell gekoop in Julie 2025 en tot nou toe nog geen kontrak afskrif ontvang nie en my kar is nogsteeds foutief!!!Ek het die kar se dokumente voltooi en geteken in die week van 3-4 Julie 2026. Van daar af nog net probleme en swak diens.

Eerstens het my verloofde my Saterdag die 5 Julie geskakel toe sy en haar neef Hannes De Klerk my kar gaan haal het en die volgende probleme gekry: Hier is fotos en ek het selfs videos vir bewyse en al die whatsupp boodskappe tussen my en Sam van Brackenfell en Worcester se bestuurder.

6 Julie 2026 (Saterdag oggend)

My verloofde Linda Snyman het my voertuig gaan haal by Sam in Brackenfell. Sy en haar neef Hannes De Klerk was daar wat eers lank moes wag vir diens al het hul n afspraak met Sam gehad. Terwyl Sam uit was met n klient het hulle om die kar geloop en die volgende is vir my deur gegee en n video.
- Die kar was in n baie vuil kondisie en vol voeltjie poep en en soos hulle die kar gewas het merke voor op die bonnet, nie eens gewas vir ‘n nuwe klient en n nuwe voertuig nie.
- Daar was ook ‘n “dent” linker agterkant van die voertuig wat ek gekoop het, wat nie voorheen daar was nie.
- My verloofde was baie ongelukkig oor die kar so gelyk het en dit vir n nuwe kar van 50 000km oor die R330 000 en het ook met die bestuurder wat daardie dag gewerk het gepraat oor die kondisie van die kar en by die diens kantoor waar mense hul sleutels ingee maar geen het hul gesteur aan haar nie. Sam het net gese die was al gewas en hy het so vuil geword onder die afdak.
- Die kar was op 9kilos om te ry tot die naaste garage. Die kar was totaal leeg gewees end it vir n nuwe kar!!! My verloofde moes onmiddelik stop en diesel ingooi.
- Die tydelike lisensie is op die kar aangebring en daar is gese dat ek my voertuig se lisensie in Robertson kan uitneem. Ek moes die tydelike lisensie se gelde oorbetaal en die plate se geld aangesien ek nie die plate op Robertson se verkeers afdeling kon uitneem nie.
- Sam het gese julle gaan my refund. Wat nou nog nie gebeur het ne. Daar is gereel dat ek my kar die Maandag weer moet terugbring en hulle sal die dent en die merk op die bonnet uit polish en my kostes sal wel betaal word vanaf Robertson en terug.

Uiterse swak diens by Hyundia Brackenfell en dan het ek nog n klient verwys wat ook probleme gehad het met n splinternuwe I20.(My verloofde se dogter Kristin Snyman.)

9 Julie 2025 is my vriend Johan Moller weer vroeg die oggend na Brackenfell en het hy gesit en wag vir die kar. Die dent is reggemaak en die kar is wel gepolish. R600 se diesel is ingegooi vanaf
Daar is gese dat ek my kar se registrasie en weer die lisensie geld by julle moet inbetaal en Sam het gese dat Hyundia dit sal terug betaal en ook my diesel wat ek op en af moes uit ry, maar tot nou 10 November is nog niks uitgesorteer of aan my terug betaal nie!!!

14 September 2025 (Sondag)

Ons was Gansbaai toe vir ‘n 90ste verjaarsdag en oppad huistoe, Robertson het die kar se “gears nie almal geshift nie” (shift net twee gears net wanneer die kar warm gery is). Dit maak dat die kar nie krag het nie en dat ‘n mens geen voertuig verby kan neem nie en ook nie vinniger as 80km kan ry nie. Ek het Worcester geskakel en my voertuig in geneem. Ek moes my voertuig self inneem of Brackenfell toe of Worcester toe en ek moet heeltyd diesel voorsien. Julle kan tenminste n trailer of flatbed reel ek moet die kar heeltyd terugneem op my onkostes. Ek het die kar ingeneem Worcester toe en die kar was daar vir 3 dae en toe se hulle (eers Jan toe Guy en toe JP die Bestuurder mee gepraat en gewhatsupp van JP) daar is n injector miss failure en dat Hyundia Worcester die part sal bestel. Ek moes julle na 3weke terug bel omdat julle by Worccester tak my glad nie terug gebel het nie. Ek moes weer vir die 2de keer my kar inbring en Hyundia Worcester het my kar daar by hulle gehou vir 3weke en ek moes weer diesel voorsien wat hulle mense by Worcester uitgery het. Nadat ek met Jp die bestuurder gepraat het het hulle gese die kar moes ‘n rekenaar update kry end at hy nou reg is.

9 November 2025

Ek en my verloofde en tannie Betsie Le Roux het vanaf Robertson na die lughawe toe gery in Kaapstad. My kar het weereens so gemaak “gears nie almal geshift nie” (shift net twee gears net wanneer die kar warm gery is). Dit maak dat die kar nie krag het nie en dat ‘n mens geen voertuig verby kan neem nie en ook nie vinniger as 80km kan ry nie.

10 November 2025

Ek het Hyundia Brackenfell gebel en moet my kar weer op my eie onkostes more na hulle toe neem om weer na gekyk te word.

Ek heg hierby aan alle video’s wat my verloofde van die kar geneem het. Ek heg ook hierby aan die boodskappe tussen my en Brackenfell en Worcester. Indien u enige verdere navrae het kan u my gerus kontak.

My naam: Deon Lourens
My ID: 67006115002087
My kontak nommer: 079 8811949

Groete

Deon Lourens


Company: HYUNDAI MOTORS - HEAD OFFICE
Country: South Africa
Region: Western Cape
City: Robertson Western Cape
Address: Uitnood farm Eilandia Robertson
Phone: 0798811949
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Hyundai South Africa
Hyundai Bellville shows the finger to new custome

1 Tonner Spares
No responsability accepted.not my product

Hyundai South Africa
Terrible Customer Service&No Response from Hyundai

Hyundai South Africa
SELLING "NEW" CARS WITH SECOND HAND PARTS!!

Hyundai Rustenburg
Faulty Hyundai i20 Remix

T V 2 Engine & Gearbox Specialist
Sold faulty engine, wrongly replaced, wont rectify

Hyundai South Africa
Menlyn Hyundai - Stay away from them!!!

Hyundai South Africa
Complaint: NO service/response from Hyundai SA

Hyundai South Africa
Shocking Service from a Brand New Dealership

Hyundai South Africa
Pathetic panel beaters on Hyundai's Approved list