GWM SA
KOPSEER NA HERSTEL VAN VOERTUIG

Cars & Transport

Saterdag 19.01.2013 oppad na Balfour bars die pyp wat die turbo met die enjin verbind. Die nuwe Steed 2.5tci het slegs 18400km op die odometer, is 9 maande oud en onder waarborg. GWM "roadside assist" word geskakel en die voertuig word ingesleep na die naaste handelaar - Standerton. Die voertuig word herstel en ek moet voertuig gaan afhaal op eie koste. Ek woon in Pretoria - 200km vanaf Standerton. GWM hoofkantoor word geskakel en versoek om die voertuig na Pta te besorg aangesien ek nie n voertuig het om my gebreekte voertuig, wat steeds onder waarborg is, te gaan haal nie. GWM se houding - geen prosedure in plek vir sulke voorvalle - ek moet motor gaan haal op eie koste, ongeag. Hulle "roadside assistance" sluit geen verdere hulp in as om jou voertuig te sleep na die naaste tak nie. Dus indien jy met jou GWM motor rondrits en die motor raak onklaar (selfs al is die voertuig steeds onder waarborg) in die Kaap en jy woon in Pta, gaan jy self moet koste aangaan om die herstelde voertuig in die Kaap te gaan haal. Mens sal verstaan indien die motor 50000km op gehad het, maar nuwe motor onder waarborg!!!
Uiters ongelukkig en Swak - ek verkoop die GWM sodra ek 'n koper kry!!!


Company: GWM SA
Country: South Africa
City: JHB - HOOFKANTOOR
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

First4cars
STEEL VAN VOERTUIG

Mahindra SA
SWAK DIENS NA AANKOOP VAN NUWE VORTUIG!

Silverton Radiators
Twee keer 'herstel' lek soos 'n sif

Mahindra Sa
9 MAANDE VAN SUKKEL

Hyundai South Africa
CD playe

Eerste Geluk Motors
Foutiewe voertuig verkoop

Toyota
My Toyota Land Cruiser is nog steeds nie reg

Hyundai South Africa
Verkoop fabrieks foute

3way Auto
Korrupsie en bedrog

De Jongh's Panelbeating Centre
BAIE SWAK DIENS