Absa
Stop order still active after deactivation

Business & Finance

Ek het my woonstel verkoop en is deur die prokureurs (Van der Spuy, Kaapstad) aanges? om die maandelikse woonstelheffing (levy) aan die bestuursagent (J.S. Penkin), wat per stoporder van my tjekrekening verhaal word, te kanselleer. Dit het ek al in Des. 2013 gedoen, nogtans is die heffing vir Januarie (R961) steeds afgetrek.

Hoe kry enige besigheid steeds toegang tot my geld, as ek hulle wettige toegang (per stoporder) by ABSA se tak in Roggebaai, Kaapstad by die ontvangstoonbank gekanselleer het? Dis verregaande! Waarvoor het ek daardie 1h30min. se werktyd verloor om in die ry te gaan staan vir niks? En nou moet ek weer gaan?!

Stop asb. die order, verhaal asb die oorblywende heffing vir Januarie (vanaf 7 Januarie toe die verkoop van die woonstel by die aktekantoor geregistreer is) dadelik by J.S. Penkin en betaal dit in my tjekrekening terug, asb.

Anton Jordaan


Company: Absa
Country: South Africa
City: Foreshore
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Absa
VERBAND AANSOEK

Outsurance
Hoeveel mense word so gevang???

Groupon SA
Bestellings geplaas maar wag 8 Weke no respons

Absa
Julle vat rerig julle sweet time ne...?

Capitec Bank
Slegste Diens ooit!

Homemark
Verkoop van polaroid tablet aan 86 jarige

Sanral
SANRAL HAS NO COMPLAINT PROCEDURES AVAILABLE

Imperial Select Multi Franchise
Bad Service and Feedback

Vodacom
Kanselleer van kontrak vanaf data basis