Mooirivier Makelaars
Uitbetalings

Business & Finance

Ons krag was vir byna 4 dae af en na 2 dae het ons bure vir ons 'n generator
geleen maar ons vries en yskasgoed was alreeds af omdat Burgersfort baie
warm word. Ons het toe met rukke die generator gebruik om net bietjie oor
die weg te kom, ons tv en my dogter se Blackberry foon het na die onderbreking
en die gebruik van die generator gebreek. Mooirivier makelaars het ons laat weet
dat hulle die yskas en vriesgoed sal uitbetaal maar dat ons die tv moet laat toets
om te sien of hy herstel kan word dan kan hulle ons miskien daarmee help maar
as hy nie herstelbaar is nie hulle ons nie kan uitbetaal nie. Die selfoon moet glo
gespesifiseer wees. My klagte is dat ons elke maand ons paaiement betaal
en dis nie R200 of R300 nie, ons het nog net 1 of 2 maal in die amper 8 jaar
geeis en nou dat ons skade het wil hulle ons nie help nie. Mense pleeg bedrog
en jok om versekeringseise in te sit maar ons is eerlik en nou moet ons so sukkel.
As dit is hoe hierdie versekering hulle kliente behandel wonder ek of dit die moeite
werd is om hulle kliente te wees. Kan julle asb help?


Company: Mooirivier Makelaars
Country: South Africa
City: Klerksdorp
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Santam
Goerdere wat weggeraak het met trek

Absa
VAN ABSA

Vodacom
Vodacom

Markham
BLACKBERRY AANKOPE

Investment Pools
Aie swak diens

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Mtn
Replacement of phone

Nashua Mobile
Nashua mobile is useless!!

Autopage
Skuld my geld

Mtn
Poor Services