Absa
Safety hazard

Business & Finance

Op 8 Julie 2013 het my ma die Absa bank by Birchleigh Noord besoek om 'n paar transaksies te doen. Daar is vir haar 'n stoel gegee om op te sit maar die spesifieke stoel is met 'n dik laag gladde plastiek oorgetrek en het wiele. As gevolg van die plastiek oor die stoel, het my ma van die stoel afgegly en omrede die stoel nog wiele ook het en dit 'n teel vloer is, het die stoel onder haar uitgegly en het sy so geval dat sy haar hand erg beseer het en nou 'n hand stut moet dra vir 6 weke. Sy is ook nou in baie pyn agv hiervan. Hierdie sou nie gebeur het as dit 'n stewige stoel was nie (sonder wiele en sonder enige plastiek). Hoe kan julle 'n stoel met wieletjies op 'n teel vloer sit en boonop dat 'n ou mens op hierdie tipe stoele laat sit? Dis blatante nalatigheid van julle kant af en 'n "safety hazard vir enige iemand. Die bestuurder het gese hulle gaan haar nie haar gelde teruggee wat sy nou moes aangaan hiervoor nie en dat sy hulle maar kan hof toe vat. Hoe ongevoelig is dit nie En my ma is 'n jare lange en baie goeie klient van Absa. Is dit die tipe behandeling wat julle kliente kry. Ek is jammer om te se maar ons is spyt om onsself kliente van Absa te noem.


Company: Absa
Country: South Africa
City: Birchleigh North
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Office Furniture Projects
Uiterse swak diens en oneerlikheid

Clientele Life
Geen terug voering oor uitkeer van die polis geld

Absa
ABSA aftrekkings

Salon 8 Till Late
Wag en wag en wag vir my afspraak

Bakenkop Animal Clinic
Beste diens

Absa
Nou is ek regtig

Auto And General
MOENIE ONGESKIK WEES MET MY NIE

Spar
Kliënt doen rugbesering op, a.g.v nalatigheid

Standard Bank
Huisleningsaansoek: Mnr. B.J. en C.S. Reiners

Kalahari.com
2 maande vir 1 boek???