Telkom
Akkuraat en vriendelike diens

Telecommunications

Ek moes Saterdag my ADSL modem inneem na Telkom Tygervallei om `n nuwe Router te kry. Dis Saterdagoggend en die sentrum is besig, ek sien op daarteen om in `n lang ry te staan by Telkom en dan is ek onseker hoe bekwaam die diens gaan wees. Gaan ek weer van bakboord na stuurboord gestuur word of dalk moontlik hoor hul het nie voorraad nie of dalk is die persoon wat daarmee werk eers weer Maandag aan diens.
Groot was my verbasing - dit was beslis my dag. Geen rye nie, 3 klerke wil my sommer dadelik help. Ek kies Mnr. Peens aangesien ek al voorheen Telkombesigheid met hom gedoen het. Baie dankie vir vriendelike, akkurate, geduldige en flink diens - dis hoe dit hoort, dankie dat u Telkom se naam hoog hou.


Company: Telkom
Country: South Africa
City: Tygervallei
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Telkom
Geen diens

Vodacom
Gekraakte Sam siii skerm

Telkom
Raadop!!!

Kalahari.com
Dankie vir goeie diens

Telkom
Telkom swakste diens

Jet
SLEGTE DIENS EN MANIERE VIR ALBEI JET WINKELS

Vodacom
Swak Diens

Ford
Swak diens

Renault South Africa
AWESOME DIENS

Jet
As julle diens en Klere wil he gaan hierna toe