Kalahari.com
Ek is AFRIKAANS!!!

Shops, Products, Services

Op 29 November 2013 het ek 2 boeke vanaf [URL Removed] bestel, een vir myself, die ander as 'n geskenk. Myne het ek 3 weke terug ontvang. Die ander een is nogsteeds in 'progress' gewees. Ek't aanlyn gegaan en die boek gaan kanselleer, aangesien ek dit nie meer wil h? nie. Ek't die 086... nommer geskakel en opsie 2 gekies, wat vir Afrikaans sprekendes is... so hou ek vir 5 minute aan en eindelik antwoord 'n vrou (ongelukkig het ek nie haar naam gekry nie). Sy's toe nou Engels. Ek vra in Afrikaans vir hulp en sy antwoord my: I don't understand Afrikaans, speak English. So... nou kan jy jou voorstel... ek wip eers my stert oor ek die opsie gegee is om in AFRIKAANS gehelp te word, en tweedens oor hierdie vrou my houding gee!
Ek is ook baie teleurgesteld in hul diens wat aflewering betref. Nou moet ek 3 na 5 werksdae wag voordat ek die krediet op my rekening kan sien en voordat ek iets anders kan bestel.
Ek hou baie daarvan om by Kalahari te bestel, maar hierdie soort ondervindings sal my die vlaktes laat in hol!!!


Company: Kalahari.com
Country: South Africa
City: Johannesburg
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Kalahari.com
2 maande vir 1 boek???

Telkom
Telkom het net een taal - Closer Option?!?!?!

Kalahari.com
Kalahari se diens is net so droog soos die woestyn

Dial-a-bed
Extremely poor service by dial a bed employees

Sheet Street
Sheet Street & Mr Price

Vodacom
Antwoord op vrae tov n produk en Voorraad

@Home
Bad customer service

Virseker Insurance
Drie weke geneem voordat eis toegestaan is?