NESTLE
Uitstekende kliëntediens

Shops, Products, Services

Ek het op Dinsdag, 30/07/2013, om 09:15 met mev Edna Tembo per telefoon in Afrikaans gepraat. My seuntjie, Hansie (9) het 'n boks Milo pap gekoop en daar was tot sy groot teleurstelling nie 'n monster in nie. Al sy maatjies by die skool het al sulke monsters gekry en hy wou baie graag ook een he. Sy het onmiddelik verskoning gemaak vir die ongerief en aangebied om vir hom 'n geskrewe verskoning te stuur, sowel as die verlore monster. Sy het ook gevra of hy 'n spesifieke monster verkies, maar aangesien hy nog nie die film gesien het nie het hy geen voorkeur gehad nie.

Groot was my verbasing toe daar die volgende oggend, 31/07/2013, om 09:17 per koerier 'n pakkie van Nestle af hier tuis aankom. Mev Tembo het 'n baie goeie verskongsbrief ingesluit, sowel as twee monsters en 'n Hotwheels karretjie vir Hansie en twee resepteboekies vir my!

Hansie was in die wolke en het die volgende dag al drie speelgoed saamgeneem skooltoe!

Baie dankie aan mev Edna Tembo se uitstekende diens. Sy het dit reggekry om nie net ons gesin nie, maar al ons vriende ook baie te be te beindruk met haar goeie diens! Sy het my as 'n gewaardeer klient behandel en ek sal hierna nog lank 'n Nesle ondersteuner bly!


Company: NESTLE
Country: South Africa
City: Randburg Brayston
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Incredible Connection
SOMERSET MALL IS N TAK WAAROP JULLE KAN TROTS WEES

Zuid Afrikaans Hosptial
BESTE MEDIESE DIENS

Auto And General
Uitstekende diens

Woolworths Insurance
Excellend Service

Kalahari.com
Dankie vir goeie diens

PostNet SA
Swak diens

King Price Insurance
Uitstekende diens!

NWJ
Ring wat ek by NWJ gekoop het

Spring Centre
Uitstekende diens van Spring Centre, Germiston

Santam
Kompliment