Elt Pro Transcriptions
Afrikaans na Engelse vertaling - Bly hier weg!!

Newspapers & Magazines

12 Desember 2013 soek ek dringend iemand om 'n hofaansoek te vertaal. Ek stel dit duidelik in my versoek: 5000 woorde, eenvoudige opset. Este Nel kontak my, bereid om dit inderhaas te doen. Ek betaal die bedrag in haar bankrekening. 'n Paar uur later ontvang ek die vertaalde werk.
Wat 'n ontnugtering!! Dit wemel van foute. Verkeerde interpretasies word gegee, bv ek se in Afrikaans: "Ek staan die bevel teen..." Sy vertaal dit: "I apply for the following..." Werkwoorde, sinskonstruksie, die algemene indruk is onverstaanbaar; woorde word ingedruk of uitgelaat. Dis duidelik dat sy amateuragtige kwaliteit diens lewer. Die adresformaat is nie van Afrikaans na Engels verander nie. Sy hou STEEDS vol dat alles korrek vertaal is!!
En met "same day" diens word geen proeflees na die tyd gedoen nie - dis deel van die kontrak, maar nie vir my gese nie.
Hulle roem daarop dat hulle al meer as tien jaar in die bedryf is, die werk daagliks doen en dan ook vir die "Government" en "Corporate" maatskappye. (Ek plaas haar gemengde taal in aanhalingstekens). Sy roem op goeie diens.
My raad: bly weg van sulke amateurs wat nie in staat is om korrek te vertaal nie!! Ek sal hulle nooit aanbeveel nie


Company: Elt Pro Transcriptions
Country: South Africa
City: Sinoville, Pretoria
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Dial-a-bed
Extremely poor service by dial a bed employees

Cell C
SWAK SWAK SWAK KLIENTEDIENS

Doves Funerals Insurance
Doves gee swak diens en het geen simpatie

Discovery Health
Discovery se swak diens!!!

Absa
Diens uiters swak!!!

Virseker Insurance
Swak diens - NIE IN MY TAAL NIE!!

Sanlam
SANLAM UNABLE TO UPDATE THEIR DATABASE

Pep
Mense wat nie kan somme doen agter tille

Absa
Patetiese Diens

Capitec Bank
Slegste Diens ooit!