Toyota
Let's go nowhere

Miscellaneous

Ek wil begin deur dit duidelik te stel dat ek seker die grootste Toyota fan is en in die proses is om my Fortuner in te ruil alhoewel ek nou ernstige bedenkinge het. My motor het 'n volledige diensrekord en het hom 25 November ingevat vir diens voor die vakansie juis om seker te maak ons is veilig op die langpad.

Gisteroggend kon die motor nie in enige rat in gaan nie en het ek gereel dat my korttermynversekering die motor insleep na Toyota. Dit is NET hier waar my slegte ervaring begin het deur die absolute geen begrip of enigsins bereidwilligheid om net te luister. Kliente ervaring is ongelooflik belangrik en net om te luister en begrip te toon sou baie aangenaam gewees het, Bianca meer geinteresseerd om ook sommer nou die motor se 120 000km diens te doen en sedert gistermiddag se baie sarkastiese oproep of sy nou wel die motor moet regmaak beantwoord hulle geen oproepe nie en beloftes van skakelbord dat hulle sal terugbel is skokkend. Volgens haar kan die motor enige tyd enige plek breek en dit is hoe dit is so waar veiligheid vir my belangrik is laat sy my nou twyfel as dit Toyota se antwoord rakende veiligheid is. Snaaks hoe een individu 'n totale perspesie kan verander.


Company: Toyota
Country: South Africa
City: Barlowworld Centurion
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

Absa
ABSA aftrekkings

Santam
Baie swak diens

NWJ
Slegte diens

Jonway Motorcycles
LAAT MAAK JOU EIE PARTE!!

Toyota
Moeg gekla

Barloworld Motor Retail
Aankoop van voertuig

Toyota
Vehicle-VW TOURAN 1.9 TDI 2006, Reg no DHR 917MP

Auto And General
Luister mooi, hulle verneuk jou

Innovation Group
Geen hulp van ENIGE IEMAND

Inspectacar
Extremely bad service and no after sales service