First National Bank
Part 2: Promises broken (1st logged on 9 Dec)

Business & Finance

Op 13 Desember het my werkgewer my salaris in my rekening inbetaal. FNB het vir my notification gestuur dat 'n deposito in my rekening gemaak is. Die 14de toe ek kruideniers koop moes ek met verleentheid hoor dat ek nie voldoende fondse in my rekening het nie! Ek los toe dit maar net so en gaan terug huis toe en dink dat ek eers sal wag dalk moet die geld seker so bietjie le aangesien dit 'n nuwe rekening is. 16 Desember gaan ek na FNB ATM; net om te sien dat my salaris glad nie in my rekening is nie! 17 Desember is ek na die naaste tak om uit te vind wat het van my geld geword. Na 'n gesukkel en oproepe is my geld opgespoor. Ek het die konsultant gevra hoekom is my geld nie in my rekening nie. Volgens hom het FNB gewag vir my uitstaande inligting naamlik my ID en bewys van verblyf! (het dit verskeie kere vir hulle gemail) Blykbaar was my inligting nooit op die stelsel geverify nie. Konsultant het belowe dat die geld vandag in sal wees. Tot nouhet FNB nog nie my geld los gemaak nie! Intussen soek die krediteure hulle geld. FNB het my lewe hel gemaak van die 19de November. Neem dit solank om 'n rekening in werking te kry? Gaan ek ooit vergoeding kry vir die ongerief & verleentheid!?!?


Company: First National Bank
Country: South Africa
City: Mybranch
  <     >  

RELATED COMPLAINTS

First National Bank
My account is been Hacked

African Bank
Swak Diens

American Swiss
Pay something twice

American Swiss
TYDSKRIF OP REKENING

Vodacom
SHOCKING!!!

Absa
VOERTUIG VERSEKERING

Wonga
Waiting for a back payment form Wonga

Vodacom
Ek wil net my geld terug he!!!

Autopage
Skuld my geld

Absa
Internet Banking